Middag Prof. Ek het op aquabid gesien dat ek een box vis kan invoer. Ek wil dit net vir my stokperdjie en nie as 'n besigheid nie. Ek het aansoekvorm vir invoer permit van CapeNature gekry. My vraag is wat benodig ek nog voordat ek enige vis kan invoer?? Dankie Nick
Ek hoop dat jy weet dat jy op die visvoer, vervoer gaan betaal, belasting en jy sal dit deur die doeane met 'n klaringsagent moet laat klaar en dit gaan jou 'n KLOMP geld kos vir net een ou boksie! Visinvoer benodig jy 'n permit van Cape Nature, 'n permit van plant en gehalte beheer Pretoria. Bobelasting op visse +50% en dan BTW op die totaal maw +21% en dan nog vervoer, BTW en klaringsagent, DIS 'n DUUR storie....... Moenie sê dat ek jou nie gewaarsku het nie. Ek kan jou help met bevrore voer want ek voer dit self in, stuur vir my 'n PM vir pryse. Groete, Dirk